
Eerste Dr. Hage Geingob Town Hall Conversation vanaand
Loading player...
Die voormalige Speaker van die Nasionale Vergadering, professor Peter Katjavivi, sê alle voorbereidings is afgehandel vir vandag se eerste Dr. Hage Geingob Town Hall Conversation-geleentheid. Katjavivi sê die geleentheid sal die wyle president se 85ste verjaardag gedenk, terwyl dit ook ondersteuning bied aan voortdurende pogings om die Dr. Hage G. Geingob Presidensiële Sentrum te vestig. Die geleentheid vind plaas by Unam se Hage G. Geingob-mediese kampus in Windhoek. Dit is gratis en oop vir die publiek, en sal om vanmiddag om ses-uur begin. Katjavivi het met Nampa gepraat.

