
Wes-Kaap kry minste Julie-reën sedert 1958
Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê hy het verlede maand lae reënval in die Wes-Kaap aangeteken. Weervoorspeller, Samkelisiwe Thwala, sê ondernormale reënval is in Junie aangeteken en het tot Julie voortgeduur, met verskeie dele van die streek wat hul laagste reënval ooit gedurende Julie aangeteken het. Sy sê voorlopige reënvaldata dui daarop dat die Kaapstad Internasionale Lughawe sy laagste reënval in Julie sedert 1958 aangeteken het, met slegs 14,4-millimeter vir die maand.

