
Los politiekery in parlement en dien die publiek
Loading player...
Die voorsitter van die Nasionale Raad, Lukas Muha, het parlementslede gewaarsku teen oormatige politiekery ten koste van wetgewende vordering en diens aan die publiek. Dit kom te midde van klagtes oor swak produktiwiteit deur die huidige Nasionale Vergadering. Muha het by die Parlementêre Leierskapsvergadering in Swakopmund gepraat en sê dit ondermyn die publiek se vertroue in die instelling.

