
Maatskappy vir skaapboere weerspieël internasionale neigings
Loading player...
Plaaslike skaapprodusente mik na die stigting van 'n skaapbemarkingsmaatskappy in produsent-besit, 'n stap wat kenners sê die toekoms van die land se landbouwaardeketting kan hervorm. Landboukundige dr. Kobus Laubscher vertel aan Kosmos 94.1 Nuus dat die inisiatief oor veel meer gaan as om net nog 'n maatskappy te skep. Dit weerspieël 'n wêreldwye verskuiwing na produsente wat groter beheer oor marktoegang en die waardeketting neem, om langtermyn volhoubaarheid te verseker.

