
Skokkende GBV-syfers gedryf deur skadelike geslagsnorme
Loading player...
Reaksie word ontvang nadat NamPol 18 500 gevalle van geslagsgebaseerde geweld in die 2025/26-boekjaar aangeteken het. Met kenners wat skat dat slegs ongeveer een uit elke drie gevalle aangemeld word, kan die werklike getal 55 000 oorskry. Kosmos 94.1 Nuus het met Brigit Loots, nasionale koördineerder by Sister Namibia gepraat, wat sê terwyl alkohol, dwelms en werkloosheid die probleem vererger, is die oorsake skadelike geslagsnorme en ongelyke magsverhoudings.

