
Lewer nou insette op groenwaterstof
Loading player...
Die bevindinge van die strategiese omgewings- en maatskaplike assessering vir groenenergie-produksie en industrialisasie in die ontwikkelingsinisiatief vir die Suidelike Korridor is nou beskikbaar vir die publiek om insette te lewer. Jona Musheko, woordvoerder van die Namibiese Groenwaterstofprogram, sê die doel is om die impak van die ontwikkelings op verskeie sosiale en omgewingsfaktore te beoordeel. Musheko het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

