Seer met intimiteit... is dit normaal of nie?

Loading player...
Madeleen Steenkamp, kliniese sielkundige van Bloemfontein, gesels met Pulane Nel-Sekepe oor 'n ongemaklike, maar belangrike onderwerp. Baie jong paartjies wat hulself vir die huwelik gespaar het, beleef 'n moeilike en hartseer wittebrood omdat daar fisiese, mediese en selfs sielkundige redes kan wees waarom intimiteit só pynlik is dat dit byna onmoontlik raak.

Fisiese obstruksies, soos 'n verdikte maagdevlies, of mediese toestande soos endometriose, kan erge pyn veroorsaak. Om 'n dokter of ginekoloog te raadpleeg, is die beste eerste stap.

'n Toestand soos vaginisme kan ook 'n groot rol speel. Om die probleem te ignoreer of bloot te probeer voortgaan, kan dit vererger. Met die regte mediese en/of sielkundige ondersteuning kan die onderliggende oorsaak egter aangespreek en behandel word.
4 Aug Afrikaans South Africa Leisure · Personal Journals

Other recent episodes

Moet jy praat of stilbly as iets pla?

As jou maat iets doen wat jou pla, of iets wat jy voel verkeerd is, moet jy daaroor praat of eerder stilbly? Dit is ’n moeilike onderwerp wat Madeleen Steenkamp en Pulane Nel-Sekepe tydens Truth Thursday bespreek. Dit kan dalk iets kleins wees wat jou irriteer. Jy besluit om dit…
30 Oct 9 min

Hoeveel 'baggage' sleep jy saam na jou volgende verhouding?

Madeleen Steenkamp, kliniese sielkundige van Bloemfontein wat in verhoudings spesialiseer, gesels met Pulane Nel-Sekepe oor ’n onderwerp wat al dikwels in gesprekke oor nuwe verhoudings opduik: daardie sogenaamde “baggage” wat ’n mens uit ’n vorige verhouding kan saamdra. Maar hoe weet jy of jy nog emosionele seer uit die verlede…
28 Oct 8 min

Moenie ophou om 'kêrel en meisie' te wees wanneer julle ouers word nie

Hoe beïnvloed kinders ’n verhouding of huwelik? Dit is die vraag wat Pulane Nel-Sekepe aan verhoudingskenner en kliniese sielkundige Madeleen Steenkamp stel in dié gesprek. Madeleen beklemtoon hoe belangrik dit is dat paartjies nie toelaat dat hul identiteit as pappa en mamma hul verhouding as kêrel en meisie heeltemal oorneem…
27 Oct 7 min

Emosionele vs Fisiese behoeftes

"Hy sorg vir haar hart – sy sorg vir sy lyf" Wyse woorde van Madeleen Steenkamp tydens haar gesprek met Pulane Nel-Sekepe in dié episode van Truth Thursday. Madeleen verduidelik hoe mans fisiese aanraking dikwels as ’n uitdrukking van liefde ervaar, terwyl vroue se behoefte aan emosionele verbinding soms eerste…
26 Oct 6 min

Menopouse – ’n nuwe fase wat begrip en ondersteuning vra

Pulane Nel-Sekepe vra vir Madeleen Steenkamp om ons meer te vertel oor menopouse – ’n natuurlike, maar dikwels uitdagende fase waardeur baie vroue gaan. Hoewel sommige vroue min simptome ervaar en ander dit baie intens beleef, is een ding seker: hormoonveranderinge kan ’n groot invloed hê, nie net op ’n…
8 Sep 7 min