
Elisenheim-vulstasie bring groot verligting
Loading player...
Elisenheim Property Development Company en Petrosol Petroleum Solutions het 'n kleinhandellisensie vir die beplande Elisenheim-vulstasie deur die lynministerie uitgereik. Die uitvoerende hoof van APxHouse, Le-Hugo van Rooyen, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat die nuwe fasiliteit gerief sal bied aan die meer as 5 000 inwoners van Elisenheim, asook die omliggende gemeenskappe in Windhoek se groeiende noordelike korridor.

