Het julle dalk ook 'n 3de party in jul verhouding?
Loading player...
Pulane Nel-Sekepe en Madeleen Steenkamp gesels oor wie en wat alles as 'n 3de party kan indring op jou verhouding, en dit is nie noodwending 'n verneuk storie nie. Hoe jy dit hanteer as dit 'n probleem gaan raak gaan 'n groot impak hê op jou maat se reaksie, en die resultate na jul gesprek.
Madeleen verduidelik mooi hoe nes in 'n boerdery, moet die grond verwerk en voorberei word voordat jy kan plant. Net so is die manier hoe jy jou maat 'vra' eerder as 'sê' die voorbereiding wat nodig is wanneer jy so 'n probleem aanspreek.
Dit bly belangrik dat jy nie met jou maat praat asof jy die ouer en hy of sy die kind is nie. Julle is spanmaats, en jy is 'n 'witness' tot jou maat se lewe, en dit is iets wat jul saam moet uitwerk.
Dankbaarheid en erkenning moet ook dan nooit vergeet word wanneer die maat wel die moeite doen om veranderinge en verbeteringe aan te bring volgens jou versoek nie.