
Los Pumas-wedstryd goeie geleentheid om vaardighede te slyp
Loading player...
Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê Saterdag se eenmalige toets teen Argentinië is die perfekte geleentheid vir verskeie terugkerende spelers om hul wedstrydvaardighede te slyp. Siya Kolisi, Eben Etzebeth, Lood de Jager en Sacha Feinberg-Mngomezulu begin teen Los Pumas nadat beserings hulle die begin van die seisoen laat misloop het. Erasmus sê die kragmeting met 'n sterk Argentynse span is die beste manier om spelers se vordering na 'n besering te beoordeel:

