
Amushelelo vat hande met Amoomo en Harvey Boulter
Loading player...
Aktivis Michael Amushelelo het kragte saamgesnoer met regsman Kadhila Amoomo en die Britse miljardêr en moordbeskuldigde Harvey Boulter. Hy verklaar dat die "Looking East" konferensie nie net 'n lewensveranderende oomblik in die geskiedenis van Namibië verteenwoordig nie, maar ook 'n verskil in elke Namibiër se lewe sal maak. Hy is uiters geheimsinnig oor presies waaroor dit gaan maar dit vind môre, by 'n privaatperseel 30 kilometer van Windhoek met geen verdere besonderhede nie. Amushelelo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

