
Otjiwarongo spog weer met biomassa-skou
Loading player...
Die 6de uitgawe van die Standard Bank Biomass Fair gaan op Otjiwarongo plaasvind, onder die tema "Krag vir Namibië se Bio-ekonomie". Dit open môre en duur vir drie dae. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê Daniel Shagama, die bedryfsbestuurder van die Namibiese Biomassa-groep, dat die tweejaarlikse geleentheid die groeiende bos-biomassasektor, tegnologieë en volhoubare veldpraktyke beklemtoon.

