
Verkeersboete-amnestie 'help nie eintlik taxibestuurders'
Loading player...
Nelson Kalangula, die IPC se skadu-vervoerminister, sê die party se grootste bekommernis oor die regbank se amnestie van twee maande vir uitstaande verkeersboetes, is die posisie van taxibestuurders. Hy sê dat dit reeds vir hulle moeilik is om 'n beskeie bestaan te maak, te midde van hoë brandstof-en ander koste. Kalangula vra dat stedelike beplanning voorsiening maak daarvoor dat taxi's wettig iewers kan stilstaan sonder dat bestuurders beboet word.

