
Kernkrag is duur, kompleks en riskant
Loading player...
Reaksie word ontvang nadat president Netumbo Nandi-Ndaitwah by die Namibië Mynbou Expo en Konferensie haar oproep hernu het om die land se kernwaardeketting te verbreed. Energiekenner Harald Schütt sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat Namibië se rol as een van die wêreld se voorste uraanverskaffers ekonomies gesond is. Hy waarsku dat die verwerking van uraan vir kernbrandstof komplekse, duur tegnologie sal behels, en ook riskant is.

