
Kenner sê oor borsvoeding by die werk
Loading player...
Borsvoeding by die werkplek is in die nuus, en arbeidsdeskundige Tim Parkhouse sê die instelling van borsvoedingsvriendelike werkplekbeleide is 'n positiewe stap. Werkgewers sal egter praktiese oplossings nodig hê om dit te laat werk. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat faktore soos die moeder se rol, werkplekgrootte, higiënestandaarde, privaatheid, buigsame werkure en die logistiek om babas na hul moeders te bring, alles noukeurig oorweeg moet word.

