
Handelstekort styg tot N$5,5 miljard in Junie
Loading player...
Die land het 'n handelstekort van 5,5 miljard Namibiese dollar in Junie aangeteken, wat 'n verswakte handelsbalans weerspieël teenoor die tekort van 3,2 miljard dollar wat in Mei aangeteken is. Die woordvoerder van die Namibiese Statistieke-agentskap, Mirjam Shihepo, sê verdere ontleding toon 'n surplus van 669 miljoen dollar is in dieselfde maand verlede jaar aangeteken.

