
Repokoers: Inflasie is wel hoog maar dis in brandstof en vervoer
Loading player...
Daar word verwag dat die Bank van Namibië die repokoers onveranderd sal hou op 6,75 persent wanneer sy Monetêre Beleidskomitee vandag vergader. Die aankondiging word môre verwag. Simonis Storm-ekonoom Almandro Jansen sê die sentrale bank se besluit sal waarskynlik sy Junie-koersverhoging weerspieël. Terwyl inflasie sedertdien tot 4,4 persent gestyg het, die hoogste vlak sedert Augustus 2024, sê Jansen aan Kosmos 94.1 Nuus dat die styging grootliks gedryf word deur brandstof en vervoerkoste, met kerninflasie wat laer bly op ongeveer 3,3 persent.

