Trump pas inentingskedule afwaarts af

Loading player...
President Donald Trump van Amerika het ʼn uitvoerende bevel onderteken om die getal inentings wat vir kinders aanbeveel word, te verminder. Die Amerikaanse Akademie vir Pediatrie beveel tans 18 inentings aan, maar dit sal tot elf verlaag word. Volgens die bevel sal kinders ingeënt word teen masels, pampoentjies, rubella, witseerkeel, klem-in-die-kaak, kinkhoes, polio, Hib, pneumokokkus, HPV en waterpokkies. Trump sê die inentings teen masels, pampoentjies en rubella sal in drie inentings toegedien word:
11 Aug 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Druk neem toe op Infantino

Sokkerverenigings in Europa, Suid-Amerika en Asië wil steeds hê dat Gianni Infantino as hoof van Fifa moet onttrek en sê hy het hulle vertroue verloor. Dit kom na hy 'n deel van die Wêreldbeker wou kommersialiseer. Hy het die plan onttrek maar, dit blyk om geen verskil te gemaak het…
11 Aug 6AM 1 min

Giwusa eis nasionalisering van farmaseutiese bedryf na werksverliese oor tenders

Die algemene werkersvakbond Giwusa eis die onmiddellike nasionalisering van die farmaseutiese bedryf. Pharmaceuticals Made in South Africa het verlede week onthul plaaslike medisynevervaardigers verloor belangrike tenders weens die Departement van Gesondheid se fokus op prys. Dit het die afgelope 18 maande gelei tot die verlies van 2 500 werksgeleenthede. Giwusa-president,…
11 Aug 6AM 1 min

'Vermiste persone' baie keer jeug wat wegloop - NamPol

Vermiste persone word amper daagliks op verskeie belange-WhatsApp-groepe gedeel net vir die persoon om etlike ure later gevind te wees. NamPol se adjunkkommissaris Kauna Shikwambi wys daarop dat die polisie in gevalle van vermiste persone eers moet vasstel of die persoon se verdwyning opsetlik is of nie. Sy sê dat…
11 Aug 6AM 1 min

Goudprestasie vorentoe is minder positief

Ekonome is minder optimisties oor die vooruitsigte vir goud, ten spyte van sterker as verwagte produksie by B2Gold se Otjikoto-myn in die tweede kwartaal. B2Gold het gedurende die kwartaal sowat 130,7 miljoen Namibiese dollar in kapitaaluitgawes by die myn belê, terwyl produksie meer as 23 000 onse bereik het. Maar…
11 Aug 6AM 1 min

Verdoemende verslag oor impak van El Niño

Simonis Storm waarsku in 'n nuwe verslag teen El Niño-risiko vir voedselpryse en fiskale risiko's. Daar is tans 'n 81%-waarskynlikheid dat die verskynsel 'n baie sterk intensiteit tussen Oktober en Desember vanjaar sal bereik, binne die plaaslike plantseisoen. Yanna Smith doen verslag.
11 Aug 6AM 1 min