
Inheemse volk: Ons moet oorskakel van viering na deelname
Loading player...
Die aktivis en vierde-geslag-oorlewende van volksmoord, Sima Luipert, sê die Internasionale Dag van die Wêreld se Inheemse Volk is meer as net 'n kulturele viering. Dit is 'n geleentheid om identiteit en waardigheid, kollektiewe regte, historiese kontinuïteit en die reg op deelname aan besluite oor hul voorvaderlike gebiede te bevestig. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels na die onlangse herdenking van die dag in Katima Mulilo.

