
Sommige plaaswerkers steeds uitgebuit, sê arbeidsontleder
Loading player...
Arbeidsontleder Sydwill Scholtz voer aan dat 'n probleem met plaaswerkers is dat baie deel vorm van gemarginaliseerde groepe en steeds uitgebuit word. Hy het die departemente van arbeid en landbou geprys vir hul pogings om beleid af te dwing en boere in te lig oor hul regte en verpligtinge. Inspekteurs van die arbeidsdepartement besoek tans plase in verskeie streke om vas te stel of landbouwerkgewers aan die nasionale minimum loon-vereiste voldoen. Scholtz het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

