
Monitering word verskerp na 14 zama-zamas sterf
Loading player...
Die pas aangestelde Noordwes-polisiekommissaris, Arthur Adams, sê die monitering van gelisensieerde myn-persele moet verskerp word. Dit volg nadat 14 vermeende onwettige myners dood en talle ander gister beseer is ʼn rotsstorting by ʼn verlate mynskag in Nkaneng naby Rustenburg. Adams sê die polisie sal voortgaan om saam met die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag te werk in die stryd teen onwettige mynbase en om onwettige mynbedrywighede te bekamp:

