Ekonoom reageer op onveranderde repokoers

Loading player...
Reaksie word ontvang op die Bank van Namibië se besluit om die repokoers vanoggend onveranderd te hou op 6,75 persent. Kosmos 94.1 Nuus het met Kara van den Heever, 'n beleggingsontleder by Momentum, gepraat wat sê die besluit kom terwyl binnelandse ekonomiese aktiwiteit swak gebly het gedurende die eerste helfte van 2026, terwyl inflasionêre druk toegeneem het sedert die laaste monetêre beleidskomiteevergadering.
12 Aug 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Voltooiing van bouprojekte in Windhoek daal met 41%

Die amptelike syfers vir Windhoek se bouplanne vir die jaar tot dusver bly gedemp, terwyl die kus 'n meer belowende vooruitsig toon. Dit is volgens Almandro Jansen, 'n ekonoom by Simonis Storm, wat sê dat die voltooiing van bouprojekte in die hoofstad met 41 persent gedaal het tot 186 projekte…
14 Oct 6AM 1 min

Nampol bevestig arrestasie van 18-jarige vir Okahandja-meisiemoorde

Die Namibiese polisie het die inhegtenisneming van 'n 18-jarige verdagte bevestig in verband met die moord op die vyfjarige Ingrid Maasdorp en die sewe-jarig Fabianu Rosvinds in Okahandja. Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisiemag, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, het vanoggend tydens 'n perskonferensie bevestig dat DNS-bewyse die verdagte aan die misdaadtoneel…
14 Oct 6AM 1 min

Twee lede van ANC-jeugliga in Katlehong doodgeskiet

Twee lede van die ANC-jeugliga is gisteraand in ʼn skietery by Nhlapo-seksie in Katlehong, Ekurhuleni, doodgeskiet. Vyf ander is gewond en hospitaal toe geneem vir mediese behandeling. Die skietvoorval het plaasgevind nadat die slagoffers ʼn gedenkdiens vir ʼn lid van ʼn politieke party by die Mogobeng Primary School bygewoon het…
14 Oct 5AM 1 min

Bemagtiging van vroue skep voordele vir besighede en samelewing

Veruscka Gertze, welvaartbestuurder van Old Mutual, sê dat die bemagtiging van vroue en die versterking van leierskap volhoubare voordele vir individue, organisasies, beroepe en die samelewing skep. Gertze het by die derde jaarlikse Vrouebyeenkoms gesê dat die ondersteuning van die geleentheid ooreenstem met die firma se verbintenis om geleenthede vir…
14 Oct 5AM 1 min

NRU kondig nog internasionale wedstryde vir Welwitschias aan

Die Namibiese Rugbyunie het 'n reeks komende internasionale wedstryde aangekondig, met 'n hoogs verwagte streeks-toetswedstryd en 'n tuisreeks as hoogtepunte. Die Welwitschias sal eers na Harare reis om teen Zimbabwe te speel, voordat hulle na Windhoek terugkeer vir 'n reeks van twee wedstryde. Jerome Paarwater, wat tans as konsultant-afrigter vir…
14 Oct 5AM 1 min