
SA eis vergoeding van Afrikalande na repatriasie
Loading player...
Die Suid-Afrikaanse regering eis vergoeding van die regerings van Malawi, Nigerië en Ethiopië vir die koste om hul landsburgers te repatrieer. Die Grensbestuursowerheid het bekendgemaak net minder as 90 000 mense teen 7 Augustus deur Suid-Afrikaanse grensposte gerepatrieer is. Die Departement van Binnelandse Sake se direkteur-generaal, Tommy Makhode, sê die massa-repatriasie van onwettige buitelanders het die staat byna 293-miljoen Suid-Afrikaanse rand gekos, wat meer as vyf keer die departement se jaarlikse toelaag vir deportasies is:

