N$1,9 miljard se waterfasiliteite-werke op pad in Katutura

Loading player...
Die Stad Windhoek het groot beleggings in infrastruktuur en dienslewering vir die John Pandeni-kiesafdeling in Katutura uiteengesit, insluitend meer as 1,9 miljard Namibiese dollar vir beplande opgraderings aan waterherwinningsfasiliteite. Die stad se woordvoerder, Lydia Amutenya, beklemtoon dat die opgradering plaasvind terwyl die Stad besig is met openbare konsultasies en samesprekings oor stedelike ontwikkelingsprojekte. Sy sê geen tariefaanpassing is tans aan die projek gekoppel nie. Die ontwikkelings is tydens 'n openbare vergadering met inwoners van die kiesafdeling voorgelê. Amutenya deel meer besonderhede met Kosmos 94.1 Nuus:
12 Aug 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Voltooiing van bouprojekte in Windhoek daal met 41%

Die amptelike syfers vir Windhoek se bouplanne vir die jaar tot dusver bly gedemp, terwyl die kus 'n meer belowende vooruitsig toon. Dit is volgens Almandro Jansen, 'n ekonoom by Simonis Storm, wat sê dat die voltooiing van bouprojekte in die hoofstad met 41 persent gedaal het tot 186 projekte…
14 Oct 6AM 1 min

Nampol bevestig arrestasie van 18-jarige vir Okahandja-meisiemoorde

Die Namibiese polisie het die inhegtenisneming van 'n 18-jarige verdagte bevestig in verband met die moord op die vyfjarige Ingrid Maasdorp en die sewe-jarig Fabianu Rosvinds in Okahandja. Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisiemag, generaal-majoor Anne-Marie Nainda, het vanoggend tydens 'n perskonferensie bevestig dat DNS-bewyse die verdagte aan die misdaadtoneel…
14 Oct 6AM 1 min

Twee lede van ANC-jeugliga in Katlehong doodgeskiet

Twee lede van die ANC-jeugliga is gisteraand in ʼn skietery by Nhlapo-seksie in Katlehong, Ekurhuleni, doodgeskiet. Vyf ander is gewond en hospitaal toe geneem vir mediese behandeling. Die skietvoorval het plaasgevind nadat die slagoffers ʼn gedenkdiens vir ʼn lid van ʼn politieke party by die Mogobeng Primary School bygewoon het…
14 Oct 5AM 1 min

Bemagtiging van vroue skep voordele vir besighede en samelewing

Veruscka Gertze, welvaartbestuurder van Old Mutual, sê dat die bemagtiging van vroue en die versterking van leierskap volhoubare voordele vir individue, organisasies, beroepe en die samelewing skep. Gertze het by die derde jaarlikse Vrouebyeenkoms gesê dat die ondersteuning van die geleentheid ooreenstem met die firma se verbintenis om geleenthede vir…
14 Oct 5AM 1 min

NRU kondig nog internasionale wedstryde vir Welwitschias aan

Die Namibiese Rugbyunie het 'n reeks komende internasionale wedstryde aangekondig, met 'n hoogs verwagte streeks-toetswedstryd en 'n tuisreeks as hoogtepunte. Die Welwitschias sal eers na Harare reis om teen Zimbabwe te speel, voordat hulle na Windhoek terugkeer vir 'n reeks van twee wedstryde. Jerome Paarwater, wat tans as konsultant-afrigter vir…
14 Oct 5AM 1 min