Die hoe, waar en wat van testamente
Loading player...
Wat gebeur met jou boedel wanneer jy sterf? En wat as jy ’n testament op jou e-pos het, maar dit nooit gedruk en behoorlik onderteken het nie?
In hierdie week se Wealth Wednesday gesels Rudolf Geldenhuys met Pulane Nel-Sekepe oor alles wat jy moet weet rondom testamente en boedelbeplanning.
Rudolf verduidelik wat die moontlike gevolge kan wees indien jy sonder ’n geldige testament sterf, asook waarom dit belangrik is om seker te maak dat jou testament aan al die nodige vereistes voldoen.
Baie mense besef ook nie presies wat die rol van ’n eksekuteur is, of hoe die proses van boedelafhandeling werk nie. Nog minder besef dat daar soms faktore binne die erfgenaam se beheer is wat kan help om die proses gladder en vinniger te laat verloop.
Hierdie is dalk nie die maklikste onderwerp om oor te praat nie, maar goeie boedelbeplanning kan jou geliefdes later baie onsekerheid, koste en onnodige frustrasie spaar.