Kus tot kruin - 🌊 wanneer gewone mense buitengewone dinge vir die natuur doen - 20 Agustus 2026

Loading player...
Hierdie week op Kus tot Kruin het Fred gesels met twee passievolle inwoners van Mosselbaai – Val Marsh van S.M.A.R.T. en Ursela Viljoen van Manco.
Hulle het vertel van die waardevolle netwerk van mense wat dikwels agter die skerms inspring wanneer ons kus- en seelewe hulp nodig het. Van gewone inwoners, huisvroue en -mans en vrywilligers tot diereklinieke en ander rolspelers – mense wat hul tyd, energie en kennis gee sonder finansiële vergoeding of guns, bloot omdat hulle omgee. 🌿🐧🐢🦭

Dit is hierdie mense wat, dikwels sonder enige erkenning, ’n werklike verskil maak wanneer ’n dier in nood is. Elke reddingspoging dra by tot die beskerming van ons kosbare mariene biodiversiteit en herinner ons dat bewaring nie net die verantwoordelikheid van groot organisasies is nie – elkeen van ons kan ’n rol speel.
🎧 Luister na hierdie besondere gesprek op Kus tot Kruin en hoor hoe hierdie rolspelers saamwerk, wat agter ’n reddingsaksie gebeur en waarom gemeenskapsbetrokkenheid so belangrik is.
20 Aug Afrikaans South Africa Entertainment News · Entertainment News

Other recent episodes

Kruger Internasionaal Bate en Welvaartbestuur - 20 Oktober 2026

📈💰 LUISTER WEER | ’n Lewe van finansiële sorgvryheid – wat kan verander? Is finansiële sorgvryheid net beskore vir mense wat baie geld verdien of welvaart geërf het? Of begin dit by die besluite wat ons vandag neem? 🎙️ Danny gesels met Dries Kruger, Direkteur van Kruger Internasionaal Bate en…
15 Oct 10 min

DEMOKRATIESE ALLIANSIE: KANDIDAAT BEKENDSTELLING - 14 Oktober 2026

🎙️ MUNISIPALE VERKIESING 2026 | DA-KANDIDAATBEKENDSTELLING In hierdie politieke promosie gesprek stel Dirk Kotzé twee van die Demokratiese Alliansie se wykskandidate vir Mosselbaai bekend: 🔹 Nickey le Roux – Wyk 11 🔹 Francois Botha – Wyk 4 Die kandidate gesels oor wat hulle aan inwoners van hul onderskeie wyke belowe…
14 Oct 18 min