Pumas bly derde op Curriebeker-punteleer met een ronde oor

Loading player...
Die Griekwas bly steeds eerste op die Curriebeker-punteleer na hul 38-14 sege Vrydag oor die Airlink Pumas by Mbombela-stadion. Die Cheetahs wat ook 26 punte het is saam met die verdedigende kampioene reeds verseker van plekke in die halfeindronde. Hulle word gevolg deur die Pumas met 17 punte en die Boland Kavaliers met 16. Daar is slegs een ronde oor om die halfeindrondes te bepaal. Die pienktruie speel Saterdag om 2-uur teen die Cheetahs in Mbombela terwyl die Griekwas en Kavaliers sake Sondag uitspook.
25 Aug Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Dameskring omarm Afrikaans

Die Dameskring Eersteling-tak bied elke twee jaar 'n Afrikaans Aand aan om die taal te bevorder en hul beursprogram te ondersteun. Marionette Groenewald gesels met Kies Koers oor vanjaar se tema van "Omarm".
14 Sep 8 min

El Niño en malaria: Kenner vertel

Prof. Lizette Koekemoer van die Wits Navorsingsinstituut vir malaria vertel vir Saterdag Ontbyt wat die komende somer, met 'n baie sterk El Niño, vir muskiete en malaria in kan hou.
14 Sep 12 min

Lefpa onthou 11 September 25 jaar later

Dit is vandag die 25ste herdenking van 11 September 2001 toe Al Kaïda-vlieëniers met twee gekaapte vliegtuie in die toringgeboue van die Wêreldhandelsentrum in New York vas gevlieg het. In totaal is 2,977 slagoffers daardie dag dood. André Scheepers van die Laeveld- en platorand-brandbeskermsvereniging deel sy herinneringe.
11 Sep 6 min