Stem in volgende ronde van Skryf'it

Loading player...
Stemming is oop vir die volgende ronde van die FAK Skryf’it-liedjieskryfkompetisie. Ons eie Coenie Naudé het jou stem nodig. Hy het “Geraas” self geskryf en nou kan óns help om dit verder te vat. Jy kan TWEE keer vir hom stem: een keer met jou selfoonnommer en een keer met jou e-posadres. Besoek https://www.skryfit.co.za/ én SMS AD1 na 45730. Kom ons help hierdie Laeveldse rocker tot in die Top 5!
28 Aug Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Dameskring omarm Afrikaans

Die Dameskring Eersteling-tak bied elke twee jaar 'n Afrikaans Aand aan om die taal te bevorder en hul beursprogram te ondersteun. Marionette Groenewald gesels met Kies Koers oor vanjaar se tema van "Omarm".
14 Sep 8 min

El Niño en malaria: Kenner vertel

Prof. Lizette Koekemoer van die Wits Navorsingsinstituut vir malaria vertel vir Saterdag Ontbyt wat die komende somer, met 'n baie sterk El Niño, vir muskiete en malaria in kan hou.
14 Sep 12 min

Lefpa onthou 11 September 25 jaar later

Dit is vandag die 25ste herdenking van 11 September 2001 toe Al Kaïda-vlieëniers met twee gekaapte vliegtuie in die toringgeboue van die Wêreldhandelsentrum in New York vas gevlieg het. In totaal is 2,977 slagoffers daardie dag dood. André Scheepers van die Laeveld- en platorand-brandbeskermsvereniging deel sy herinneringe.
11 Sep 6 min