Naretu en Welwitchia snoer kragte saam vir arbeidsopleiding

Loading player...
Die Namibiese Revolusionêre Vervoer- en Vervaardigingsunie, Naretu, en Welwitchia Universiteit het hul vennootskap geformaliseer deur die ondertekening van 'n memorandum van verstandhouding. Naretu se sekretaris-generaal, Petersen Kambinda, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die vennootskap sal BA Regte-studente gestruktureerde, praktiese blootstelling gee aan werklike arbeidsgeskille, werkersverteenwoordiging en die toepassing van arbeidsreg.
31 Aug 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA stig nasionale raad teen geslagsgeweld

Die minister vir Vroue, die Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, sê die nuutgestigte nasionale raad oor geslagsgeweld en vrouemoord sal die stryd teen die onding versterk. Sy het 'n nuuskonferensie gehou ná die raad se eerste vergadering. Chikunga sê die raad sal die regering, die burgerlike samelewing, sake…
31 Aug 11PM 1 min

DA vier inperking van BKS in Wes-Kaap

Die DA in die Wes-Kaap sê die suksesvolle inperking van die bek-en-klouseer-uitbreking in die provinsie bewys hoe 'n benadering wat die hele samelewing betrek biosekuriteitsbedreigings vinnig kan stop en die landbou-ekonomie kan beskerm. Die provinsie het nou 82-persent van sy totale beeskudde suksesvol ingeënt en 488 422 primêre en versterkingsdosisse…
31 Aug 11AM 1 min

NV begin weer môre sit

Die Nasionale Vergadering sal môremiddag die vierde sitting van die agtste parlement hervat. Lede het op 10 Julie in reses gegaan, waar hulle voortgegaan het met kiesafdelingsverbintenisse, toesigbesoeke en ander statutêre verantwoordelikhede. Woordvoerder van die Nasionale Vergadering, Sakeus Kadhikwa, skets wetsontwerpe wat tydens die komende sitting bespreek sal word:
31 Aug 11AM 1 min

|Khomanin-gemeenskap wil hoof uit hê

|Khomanin-gemeenskapslede het môre 'n belangrike byeenkoms, met die sentrale eis die verwydering van hul hoof, Juliane Gawa-!Nas. Die gemeenskap het reeds 'n mosie van wantroue teen haar ingedien, met die meerderheid wat vir haar verwydering gestem het. Die woordvoerder van die groep wat 'n demonstrasie na die kantoor van die…
31 Aug 10AM 1 min