Kenner sê ook droogtebeplanning moenie net noodreaksie wees nie

Loading player...
Reaksie word ontvang op die eis van omgewingsminister Indileni Daniel dat droogte nie as 'n blote noodgeval behandel moet word nie, maar as 'n prioriteit bestuur moet word. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukenner dr. Kobus Laubscher gepraat wat sê in die lig van Namibië se blootstelling aan droogteperiodes, moet voorbereiding verbeter word, veral om die impak op landbouproduksie te verminder.
1 Sep 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nat en koue weer op pad

Enkele donderbuie kan vandag en môre in die verre suidwestelike dele voorkom, sê weerkenner George van der Merwe. Dit sal egter nie baie reën nie wat die risiko van veldbrande verhoog. Donderdag beweeg daar 'n baie sterk kouefront en bolugsisteem in met 'n geringe kans van reën. Die koue sal…
1 Sep 12AM 1 min

NamRA-amnestie loop einde Oktober uit

Daar is twee maande oor voor die 31 Oktober-sperdatum van die huidige belastingamnestieprogram. NamRA herinner alle belastingbetalers om die geleentheid te benut om hul uitstaande belastingskuld te vereffen. Die program bied volle kwytskelding van alle opgehoopte rente en boetes, mits die uitstaande kapitaalbelastingskuld ten volle vereffen word. NamRA-woordvoerder Steven Ndorokaze…
1 Sep 12AM 1 min

SA stig nasionale raad teen geslagsgeweld

Die minister vir Vroue, die Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, sê die nuutgestigte nasionale raad oor geslagsgeweld en vrouemoord sal die stryd teen die onding versterk. Sy het 'n nuuskonferensie gehou ná die raad se eerste vergadering. Chikunga sê die raad sal die regering, die burgerlike samelewing, sake…
31 Aug 11PM 1 min

Naretu en Welwitchia snoer kragte saam vir arbeidsopleiding

Die Namibiese Revolusionêre Vervoer- en Vervaardigingsunie, Naretu, en Welwitchia Universiteit het hul vennootskap geformaliseer deur die ondertekening van 'n memorandum van verstandhouding. Naretu se sekretaris-generaal, Petersen Kambinda, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die vennootskap sal BA Regte-studente gestruktureerde, praktiese blootstelling gee aan werklike arbeidsgeskille, werkersverteenwoordiging en die toepassing van…
31 Aug 11PM 1 min