
Marker vra vir loodvrye koeëls na vrektes
Loading player...
Bewaringsbewustes doen 'n beroep op dringende gesamentlike intervensies deur belanghebbendes om die gebruik van loodvrye koeëls in jag te bevorder. Dit kom nadat navorsing bevestig het dat loodkoeëls soogdiere vergiftig. Drie studies spruit uit die dood van drie jagluiperds en in al drie gevalle is die jagluiperds gevoer met wildsbokke of voëls wat met loodammunisie gejag is. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Laurie Marker, die uitvoerende direkteur van die Cheetah Conservation Fund, gepraat:

