Pumas haal weer Curriebeker halfeind

Loading player...
Die Griekwas sal as gasheer vir die Leeus in Kimberley optree, terwyl die Cheetahs die Airlink Pumas in Bloemfontein verwelkom vir die Curriebeker-premierafdeling se halfeindstryde die naweek. Die Griekwas het boaan die punteleer geëindig met 31 punte na hulle die Boland Kavaliers met 48-17 geklop het, terwyl die Cheetahs tweede geëindig het met 27 punte, ten spyte van ‘n nederlaag van 52-26 teen die Pumas, wat derde geëindig het met 22 punte. Die Leeus het die vierde plek verseker met ‘n oorwinning van 36-12 oor die Stormers-23. Die halfeindstryde word Sondag beslis.
2 Sep Afrikaans South Africa Music · News

Other recent episodes

Dameskring omarm Afrikaans

Die Dameskring Eersteling-tak bied elke twee jaar 'n Afrikaans Aand aan om die taal te bevorder en hul beursprogram te ondersteun. Marionette Groenewald gesels met Kies Koers oor vanjaar se tema van "Omarm".
14 Sep 8 min

El Niño en malaria: Kenner vertel

Prof. Lizette Koekemoer van die Wits Navorsingsinstituut vir malaria vertel vir Saterdag Ontbyt wat die komende somer, met 'n baie sterk El Niño, vir muskiete en malaria in kan hou.
14 Sep 12 min

Lefpa onthou 11 September 25 jaar later

Dit is vandag die 25ste herdenking van 11 September 2001 toe Al Kaïda-vlieëniers met twee gekaapte vliegtuie in die toringgeboue van die Wêreldhandelsentrum in New York vas gevlieg het. In totaal is 2,977 slagoffers daardie dag dood. André Scheepers van die Laeveld- en platorand-brandbeskermsvereniging deel sy herinneringe.
11 Sep 6 min