Openbare liefkosing: Wat is die regte hoeveelheid?

Loading player...
Pulane en Madeleen gesels oor openbare liefkosings, meer algemeen bekend as PDA (Public Display of Affection).

Madeleen verduidelik dat daar nie noodwendig ’n reg of verkeerd is wanneer dit by openbare liefdesbetuigings kom nie. Elke paartjie moet eerder hul eie unieke middeweg vind wat vir hulle albei werk. Dit is belangrik om te onthou dat mense verskillende persoonlikhede het, en aangesien teenoorgesteldes mekaar dikwels aantrek, is die kanse goed dat die een persoon in ’n verhouding baie liefde en openbare aandag geniet, terwyl die ander persoon dit glad nie nodig het nie.

Sy verduidelik ook dat mense sensories verskillend aangelê is, en dat dit ’n groot rol kan speel in hoe gemaklik iemand met fisiese aanraking is. Vir sommige mense kan te veel aanraking selfs tot oorstimulasie lei.

Uiteindelik kom dit daarop neer dat paartjies met mekaar moet sit en gesels oor wat elkeen se behoeftes is. Deur oop en eerlik te kommunikeer, kan julle saam die goue middeweg vind wat vir albei gemaklik en werkbaar is.
8 Sep Afrikaans South Africa Leisure · Personal Journals

Other recent episodes

Moet jy praat of stilbly as iets pla?

As jou maat iets doen wat jou pla, of iets wat jy voel verkeerd is, moet jy daaroor praat of eerder stilbly? Dit is ’n moeilike onderwerp wat Madeleen Steenkamp en Pulane Nel-Sekepe tydens Truth Thursday bespreek. Dit kan dalk iets kleins wees wat jou irriteer. Jy besluit om dit…
30 Oct 9 min

Hoeveel 'baggage' sleep jy saam na jou volgende verhouding?

Madeleen Steenkamp, kliniese sielkundige van Bloemfontein wat in verhoudings spesialiseer, gesels met Pulane Nel-Sekepe oor ’n onderwerp wat al dikwels in gesprekke oor nuwe verhoudings opduik: daardie sogenaamde “baggage” wat ’n mens uit ’n vorige verhouding kan saamdra. Maar hoe weet jy of jy nog emosionele seer uit die verlede…
28 Oct 8 min

Moenie ophou om 'kêrel en meisie' te wees wanneer julle ouers word nie

Hoe beïnvloed kinders ’n verhouding of huwelik? Dit is die vraag wat Pulane Nel-Sekepe aan verhoudingskenner en kliniese sielkundige Madeleen Steenkamp stel in dié gesprek. Madeleen beklemtoon hoe belangrik dit is dat paartjies nie toelaat dat hul identiteit as pappa en mamma hul verhouding as kêrel en meisie heeltemal oorneem…
27 Oct 7 min

Emosionele vs Fisiese behoeftes

"Hy sorg vir haar hart – sy sorg vir sy lyf" Wyse woorde van Madeleen Steenkamp tydens haar gesprek met Pulane Nel-Sekepe in dié episode van Truth Thursday. Madeleen verduidelik hoe mans fisiese aanraking dikwels as ’n uitdrukking van liefde ervaar, terwyl vroue se behoefte aan emosionele verbinding soms eerste…
26 Oct 6 min

Menopouse – ’n nuwe fase wat begrip en ondersteuning vra

Pulane Nel-Sekepe vra vir Madeleen Steenkamp om ons meer te vertel oor menopouse – ’n natuurlike, maar dikwels uitdagende fase waardeur baie vroue gaan. Hoewel sommige vroue min simptome ervaar en ander dit baie intens beleef, is een ding seker: hormoonveranderinge kan ’n groot invloed hê, nie net op ’n…
8 Sep 7 min