Grootfontein skou later die maand

Loading player...
Die Grootfontein-skou keer van 23 tot 25 September terug en bring kampioen perde, toonaangewende veetelers, landbou, kos, gesinsvermaak en die legendariese Grootfontein-kuier saam. Kosmos 94.1 Nuus het met mede-organiseerder Bianca Coetzee gesels wat sê dat vanjaar se skou met ’n optog in seerowerstyl begin, sowel as verrassings-"ontvoerings" van plaaslike sakelui. ‘n Fondsinsamelingsveiling, kompetisies en hope pret word oor die drie dae belowe.
14 Sep 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA Verkiesingskommissie: ANC het moontlik kandidaat-indienings-sperdatum misgeloop

Die Verkiesingskommissie sê die ANC het moontlik die sperdatum vir die indiening van kandidate misgeloop deur nie die finale stap op sy aanlynstelsel te voltooi nie. Die ANC betwis die diskwalifisering van 181 kandidate in ses munisipaliteite. Advokaat Terry Motau van die OVK het aan die Konstitusionele Hof gesê alle…
12 Oct 11PM 1 min

Watervoorraad-vermindering in Swp dié week weens jaarlikse onderhoud

Die Swakopmund-munisipaliteit het inwoners gewaarsku oor 'n komende vyf dae lange vermindering in watervoorraad as gevolg van geskeduleerde jaarlikse onderhoud by die plaaslike ontsoutingsaanleg binnekort. Munisipale woordvoerder Linda Mupupa het alle inwoners aangespoor om water spaarsamig en streng vir noodsaaklike doeleindes te gebruik gedurende die afsluitingstydperk om die beskikbare voorraad…
12 Oct 11PM 1 min

Adjunk-nasionale polisiekommissaris in SA kry trekpas

Die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is met onmiddelike ingang uit die polisie ontslaan. Hy is voor 'n tugkomitee gedaag oor ernstige bewerings van korrupsie, magsmisbruik en bande met die misdaadwêreld. Hy staan ook tereg op aanklagte van verkragting, mensehandel en die seksuele gereedmaking van 'n minderjarige. Die waarnemende nasionale…
12 Oct 11AM 1 min