Privaatsektor deelname aan logistiek werp vrugte af

Loading player...
Die Forum for South Africa sê pogings om Suid-Afrika se vraglogistiekstelsel te herstel, begin vrugte afwerp. Dit volg nadat Transnet 'n wins van 4,6-miljard Suid-Afrikaanse rand aangeteken het vir die boekjaar wat in Maart 2026 geëindig het. Dit is 'n beduidende ommeswaai vergeleke met die netto verlies van 1,9-miljard-rand die vorige jaar. Die leier van die forum, Tebogo Mashilompane, sê deelname deur die privaat sektor speel 'n belangrike rol in die modernisering van die land se logistieke infrastruktuur:
14 Sep 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA Verkiesingskommissie: ANC het moontlik kandidaat-indienings-sperdatum misgeloop

Die Verkiesingskommissie sê die ANC het moontlik die sperdatum vir die indiening van kandidate misgeloop deur nie die finale stap op sy aanlynstelsel te voltooi nie. Die ANC betwis die diskwalifisering van 181 kandidate in ses munisipaliteite. Advokaat Terry Motau van die OVK het aan die Konstitusionele Hof gesê alle…
12 Oct 11PM 1 min

Watervoorraad-vermindering in Swp dié week weens jaarlikse onderhoud

Die Swakopmund-munisipaliteit het inwoners gewaarsku oor 'n komende vyf dae lange vermindering in watervoorraad as gevolg van geskeduleerde jaarlikse onderhoud by die plaaslike ontsoutingsaanleg binnekort. Munisipale woordvoerder Linda Mupupa het alle inwoners aangespoor om water spaarsamig en streng vir noodsaaklike doeleindes te gebruik gedurende die afsluitingstydperk om die beskikbare voorraad…
12 Oct 11PM 1 min

Adjunk-nasionale polisiekommissaris in SA kry trekpas

Die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is met onmiddelike ingang uit die polisie ontslaan. Hy is voor 'n tugkomitee gedaag oor ernstige bewerings van korrupsie, magsmisbruik en bande met die misdaadwêreld. Hy staan ook tereg op aanklagte van verkragting, mensehandel en die seksuele gereedmaking van 'n minderjarige. Die waarnemende nasionale…
12 Oct 11AM 1 min