Shane Lowry vier rekordoorwinning van elf houe by die Ierse Ope

Loading player...
Gholf: Die tuisgunsteling Shane Lowry het 'n rekordoorwinning van elf houe by die Ierse Ope behaal. Die 39-jarige het die laaste ronde met sewe onder 63 voltooi om op 23 onder baansyfer te eindig. Dit was sy sewende loopbaantitel en tweede Ierse Ope. Die Amerikaner Patrick Reed en Joaquin Niemann van Chili was gesamentlik tweede op 12 onder syfer. Die Noord-Ier en verdedigende kampioen Rory McIlroy het op 67 klaargemaak vir 'n teleurstellende gelykopuitslag in die 41ste plek, 22 houe agter Lowry. Lowry het sy oorwinning as skouspelagtig beskryf:
14 Sep 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA Verkiesingskommissie: ANC het moontlik kandidaat-indienings-sperdatum misgeloop

Die Verkiesingskommissie sê die ANC het moontlik die sperdatum vir die indiening van kandidate misgeloop deur nie die finale stap op sy aanlynstelsel te voltooi nie. Die ANC betwis die diskwalifisering van 181 kandidate in ses munisipaliteite. Advokaat Terry Motau van die OVK het aan die Konstitusionele Hof gesê alle…
12 Oct 11PM 1 min

Watervoorraad-vermindering in Swp dié week weens jaarlikse onderhoud

Die Swakopmund-munisipaliteit het inwoners gewaarsku oor 'n komende vyf dae lange vermindering in watervoorraad as gevolg van geskeduleerde jaarlikse onderhoud by die plaaslike ontsoutingsaanleg binnekort. Munisipale woordvoerder Linda Mupupa het alle inwoners aangespoor om water spaarsamig en streng vir noodsaaklike doeleindes te gebruik gedurende die afsluitingstydperk om die beskikbare voorraad…
12 Oct 11PM 1 min

Adjunk-nasionale polisiekommissaris in SA kry trekpas

Die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is met onmiddelike ingang uit die polisie ontslaan. Hy is voor 'n tugkomitee gedaag oor ernstige bewerings van korrupsie, magsmisbruik en bande met die misdaadwêreld. Hy staan ook tereg op aanklagte van verkragting, mensehandel en die seksuele gereedmaking van 'n minderjarige. Die waarnemende nasionale…
12 Oct 11AM 1 min