SA Christen-forum vra vir herstel van doodstraf

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Christelike Forum vra ʼn onmiddellike nasionale referendum om die Grondwet te hersien en te wysig om weer die doodstraf vir moordenaars in te stel. Dit volg na die moord op vier vroue in Rhodesfield, Kemptonpark, Ekurhuleni, oor die afgelope twee maande. Die forum se president, Marothi Mashashane, sê die voortslepende geweld teen vroue in die land het ʼn rampspoedige vlak bereik, en huidige regsraamwerke skrik nie oortreders af nie:
14 Sep 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA Verkiesingskommissie: ANC het moontlik kandidaat-indienings-sperdatum misgeloop

Die Verkiesingskommissie sê die ANC het moontlik die sperdatum vir die indiening van kandidate misgeloop deur nie die finale stap op sy aanlynstelsel te voltooi nie. Die ANC betwis die diskwalifisering van 181 kandidate in ses munisipaliteite. Advokaat Terry Motau van die OVK het aan die Konstitusionele Hof gesê alle…
12 Oct 11PM 1 min

Watervoorraad-vermindering in Swp dié week weens jaarlikse onderhoud

Die Swakopmund-munisipaliteit het inwoners gewaarsku oor 'n komende vyf dae lange vermindering in watervoorraad as gevolg van geskeduleerde jaarlikse onderhoud by die plaaslike ontsoutingsaanleg binnekort. Munisipale woordvoerder Linda Mupupa het alle inwoners aangespoor om water spaarsamig en streng vir noodsaaklike doeleindes te gebruik gedurende die afsluitingstydperk om die beskikbare voorraad…
12 Oct 11PM 1 min

Adjunk-nasionale polisiekommissaris in SA kry trekpas

Die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is met onmiddelike ingang uit die polisie ontslaan. Hy is voor 'n tugkomitee gedaag oor ernstige bewerings van korrupsie, magsmisbruik en bande met die misdaadwêreld. Hy staan ook tereg op aanklagte van verkragting, mensehandel en die seksuele gereedmaking van 'n minderjarige. Die waarnemende nasionale…
12 Oct 11AM 1 min