Aranos doen proef-verslagtings vir VAE-skaapuitvoere

Loading player...
Die Aranos-abattoir voer proef-verslagtings van skape uit met die oog op moontlike uitvoere na die Verenigde Arabiese Emirate, wat 'n nuwe mark vir plaaslike veeprodusente kan oopmaak. Die NLU se jongste data oor skaappryse toon uitvoerpryse na die Emirate van tot 100 Namibiese dollar per kilogram vir A2- en A3-grade. Dit, vergeleke met plaaslike Aranos-pryse van ongeveer 93 dollar per kilogram. Kosmos Nuus het met Van Wyk de Klerk, mede-eienaar van die Aranos-abattoir, gesels:
16 Sep 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Adjunk-nasionale polisiekommissaris in SA kry trekpas

Die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is met onmiddelike ingang uit die polisie ontslaan. Hy is voor 'n tugkomitee gedaag oor ernstige bewerings van korrupsie, magsmisbruik en bande met die misdaadwêreld. Hy staan ook tereg op aanklagte van verkragting, mensehandel en die seksuele gereedmaking van 'n minderjarige. Die waarnemende nasionale…
12 Oct 11AM 1 min

Geestesgesondheid in Namibië benodig meer as nuwe fasiliteite, psigiaters

Die kliniese sielkundige, doktor Shaun Whittaker, sê Namibië se geestesgesondheidskrisis vereis meer as net nuwe fasiliteite en psigiaters. Hy voer aan dat werkloosheid, armoede en sosiale onreg die wortel van die probleem is. Sy uitlatings volg op die gesondheidsministerie se aankondiging van ses nasionale verbintenisse om geestesgesondheidsorg te versterk. Whittaker…
12 Oct 11AM 1 min

Renosterkalfie het melk nodig; Rhino Momma vra publiek om te help

Die Rhino Momma-projek het 'n dringende beroep op die publiek gedoen vir skenkings van langlewe-, vetvrye melk om 'n pasgeredde renosterkalf te voed wie se ma nie gevind kon word nie. Paige Miller het bevestig dat die kalf tans 12 tot 20 liter melk daagliks drink terwyl die span wag…
12 Oct 11AM 1 min