PDM wil weet wat gaan aan met Rössing- en kernplanne

Loading player...
Die regering is onder druk om duidelikheid te verskaf oor of hy hom formeel in die stryd gewerp het om 'n 10,2 persent belang in Rössing Uranium te bekom. Die PDM-leier, McHenry Venaani, het in die parlement antwoorde geëis oor die regering se pogings om hierdie belang, wat deur die Industriële Ontwikkelingskorporasie van Suid-Afrika verkoop word, te verkry. Die verkoopproses het aansienlike belangstelling van beleggers gelok, en die regering het voorheen aangedui dat hy die strategiese aandelebesit tot voordeel van Namibiërs wil bekom.
16 Sep 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Adjunk-nasionale polisiekommissaris in SA kry trekpas

Die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is met onmiddelike ingang uit die polisie ontslaan. Hy is voor 'n tugkomitee gedaag oor ernstige bewerings van korrupsie, magsmisbruik en bande met die misdaadwêreld. Hy staan ook tereg op aanklagte van verkragting, mensehandel en die seksuele gereedmaking van 'n minderjarige. Die waarnemende nasionale…
12 Oct 11AM 1 min

Geestesgesondheid in Namibië benodig meer as nuwe fasiliteite, psigiaters

Die kliniese sielkundige, doktor Shaun Whittaker, sê Namibië se geestesgesondheidskrisis vereis meer as net nuwe fasiliteite en psigiaters. Hy voer aan dat werkloosheid, armoede en sosiale onreg die wortel van die probleem is. Sy uitlatings volg op die gesondheidsministerie se aankondiging van ses nasionale verbintenisse om geestesgesondheidsorg te versterk. Whittaker…
12 Oct 11AM 1 min

Renosterkalfie het melk nodig; Rhino Momma vra publiek om te help

Die Rhino Momma-projek het 'n dringende beroep op die publiek gedoen vir skenkings van langlewe-, vetvrye melk om 'n pasgeredde renosterkalf te voed wie se ma nie gevind kon word nie. Paige Miller het bevestig dat die kalf tans 12 tot 20 liter melk daagliks drink terwyl die span wag…
12 Oct 11AM 1 min