EU baan weg om Kanada eerste geassosieerde lid te maak

Loading player...
Internasionaal en die EU baan die weg om Kanada sy eerste geassosieerde lid te maak. Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê dié status is nie tans in die liggaam se verdrae nie en beteken nie volle lidmaatskap nie. Sy meen so 'n reëling kan samewerking tussen die EU en Kanada op gebiede soos handel, verdediging, tegnologie, energie en kritieke minerale verder versterk. Die Kanadese eerste minister, Mark Carney, beywer hom vir nouer bande met Europa namate betrekkinge met Amerika en president Donald Trump versuur. Carney het vroeër die dag oor Kanada se verhouding met Amerika gepraat:
16 Sep 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Adjunk-nasionale polisiekommissaris in SA kry trekpas

Die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is met onmiddelike ingang uit die polisie ontslaan. Hy is voor 'n tugkomitee gedaag oor ernstige bewerings van korrupsie, magsmisbruik en bande met die misdaadwêreld. Hy staan ook tereg op aanklagte van verkragting, mensehandel en die seksuele gereedmaking van 'n minderjarige. Die waarnemende nasionale…
12 Oct 11AM 1 min

Geestesgesondheid in Namibië benodig meer as nuwe fasiliteite, psigiaters

Die kliniese sielkundige, doktor Shaun Whittaker, sê Namibië se geestesgesondheidskrisis vereis meer as net nuwe fasiliteite en psigiaters. Hy voer aan dat werkloosheid, armoede en sosiale onreg die wortel van die probleem is. Sy uitlatings volg op die gesondheidsministerie se aankondiging van ses nasionale verbintenisse om geestesgesondheidsorg te versterk. Whittaker…
12 Oct 11AM 1 min

Renosterkalfie het melk nodig; Rhino Momma vra publiek om te help

Die Rhino Momma-projek het 'n dringende beroep op die publiek gedoen vir skenkings van langlewe-, vetvrye melk om 'n pasgeredde renosterkalf te voed wie se ma nie gevind kon word nie. Paige Miller het bevestig dat die kalf tans 12 tot 20 liter melk daagliks drink terwyl die span wag…
12 Oct 11AM 1 min