
Bly kalm, geen BKS bevestig nie: NLU-president
Loading player...
Die departement veeartsenykundige dienste het alle veebewegings rondom Keetmanshoop gestaak, met gerugte van 'n vermoedelike bek-en-klouseer uitbreking in die Suide wat die rondte doen. Die president van die Namibiese Landbou-unie, Thinus Pretorius, het bevestig dat 'n amptelike ondersoek tans aan die gang is. Pretorius raai produsente aan om waaksaam te bly terwyl hulle op formele leiding van veeartsenykundige owerhede wag.

