Rusland voer inligting-oorlog, sê Britse PM

Loading player...
Die Britse eerste minister, Andy Burnham, beskuldig Rusland van inligting-oorlogvoering en pogings om tydens sy land se verkiesing in 2019 in te meng. Hy het in sy eerste groot internasionale toespraak by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York, uitgevaar oor Rusland se vermeende pogings om leuens en waninligting te versprei. Burnham beweer die Kremlin bestee elke jaar ongeveer 28-miljard Namibiese dollar om inligting te manipuleer. Burnham het ʼn nuwe nasionale sentrum vir die verdediging van inligting bekendgestel om vals inligting wat vyandige state met kunsmatige intelligensie skep, op te spoor en te ontwrig:
23 Sep 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Adjunk-nasionale polisiekommissaris in SA kry trekpas

Die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is met onmiddelike ingang uit die polisie ontslaan. Hy is voor 'n tugkomitee gedaag oor ernstige bewerings van korrupsie, magsmisbruik en bande met die misdaadwêreld. Hy staan ook tereg op aanklagte van verkragting, mensehandel en die seksuele gereedmaking van 'n minderjarige. Die waarnemende nasionale…
12 Oct 11AM 1 min

Geestesgesondheid in Namibië benodig meer as nuwe fasiliteite, psigiaters

Die kliniese sielkundige, doktor Shaun Whittaker, sê Namibië se geestesgesondheidskrisis vereis meer as net nuwe fasiliteite en psigiaters. Hy voer aan dat werkloosheid, armoede en sosiale onreg die wortel van die probleem is. Sy uitlatings volg op die gesondheidsministerie se aankondiging van ses nasionale verbintenisse om geestesgesondheidsorg te versterk. Whittaker…
12 Oct 11AM 1 min

Renosterkalfie het melk nodig; Rhino Momma vra publiek om te help

Die Rhino Momma-projek het 'n dringende beroep op die publiek gedoen vir skenkings van langlewe-, vetvrye melk om 'n pasgeredde renosterkalf te voed wie se ma nie gevind kon word nie. Paige Miller het bevestig dat die kalf tans 12 tot 20 liter melk daagliks drink terwyl die span wag…
12 Oct 11AM 1 min