
Landbou-ministerie bevestig uitbreking van bek-en-klouseer
Loading player...
Die Ministerie van Landbou Namibië sê die verkoop, beweging en vervoer van alle gesplete-hoef diere is summier, landswyd opgeskort, ná hy die uitbreking van bek-en-klouseer bevestig het. Die hoogs-aansteeklike siekte is op ‘n plaas in die Karas-streek nagespoor. Laboratorium-toetse het bevestig dat 10 van die 11 monsters wat by ‘n Windhoekse-labratorium geanaliseer is, positief vir die siekte getoets het. Ministerie woordvoerder, Romeo Muyanda:

