
Iranse President: Land sal nooit knie buig vir VSA nie
Loading player...
Iranse President Masoud Pezeshkian sê die land sal nooit die knie buig ná byna sewe maande van oorlog met die VSA en Israel nie, maar is gereed vir 'n diplomatieke oplossing vir die konflik. Hy het by die VN se Algemene Vergadering gepraat, na Amerikaanse president Donald Trump gedreig het om die Islamitiese Republiek uit te wis as ’n ooreenkoms nie binnekort bereik word nie. Pezeshkian sê die Iranse volk se weerstand sal net toeneem in die lig van sanksies, verhoogde druk en meer afknouery. 'n Kenner van Iranse sekuriteit en politiek, Behnam Ben Taleblu, het kommentaar aan Sky News gelewer.

