
NLU vra vir ramp-toestand weens bek-en-klouseer
Loading player...
Die Namibiese Landbou-unie sê hy sal, weens die ernstige negatiewe impak wat bek-en-klouseer vir die landbou-sektor inhou, die regering vra om dringend ‘n ramp-toestand aan te kondig. NLU-president, Thinus Pretorius, pleit by boere om die opskorting van handel en die vervoer van diere, wat deur die Landbou-ministerie aangekondig is, te gehoorsaam. Hy vra dat boere enige gevalle, waar diere simptome van die siekte toon, onmiddelik by die staatsveearts moet rapporteer.

