
Gobabis skou gaan voort - sonder vee!
Loading player...
Die voorsitter van die Gobabis skou-komitee, Danie Opperman, sê organiseerders gaan vandag boere help om alle diere vanaf die skougronde terug na hul verskeie plase te vervoer. Dit, ná die ministerie van landbou se aankondiging dat die verkoop en vervoer van alle gesplete-hoef diere summier landswyd opgeskort is, weens die uitbreking van bek-en-klouseer. Opperman het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê die Gobabis landbou skou gaan steeds voort met al sy ander uitstallers.

