VN-besoek: NNN fokus op versterking van toegang tot gesondheidsorg

Loading player...
President Netumbo Nandi-Ndaitwah fokus tydens haar hoë-vlak-VN-besoek op die versterking van Afrika se toegang tot gesondheidsorg. Sy beoog ook om die bevordering van digitale transformasie te verbeter en om meer ekonomiese geleenthede vir die vasteland se jongmense te skep. Tydens bilaterale gesprekke met die Spaanse premier Pedro Sánchez het sy beklemtoon dat Afrikalande billike toegang tot entstowwe en mediese voorrade tydens wêreldwye gesondheidsnoodgevalle moet hê. Die president se woordvoerder, Jonas Mbambo, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat... en sê sy het ook aandag gegee aan die praktiese implementering van die VN Pakt vir die Toekoms:
24 Sep 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Adjunk-nasionale polisiekommissaris in SA kry trekpas

Die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is met onmiddelike ingang uit die polisie ontslaan. Hy is voor 'n tugkomitee gedaag oor ernstige bewerings van korrupsie, magsmisbruik en bande met die misdaadwêreld. Hy staan ook tereg op aanklagte van verkragting, mensehandel en die seksuele gereedmaking van 'n minderjarige. Die waarnemende nasionale…
12 Oct 11AM 1 min

Geestesgesondheid in Namibië benodig meer as nuwe fasiliteite, psigiaters

Die kliniese sielkundige, doktor Shaun Whittaker, sê Namibië se geestesgesondheidskrisis vereis meer as net nuwe fasiliteite en psigiaters. Hy voer aan dat werkloosheid, armoede en sosiale onreg die wortel van die probleem is. Sy uitlatings volg op die gesondheidsministerie se aankondiging van ses nasionale verbintenisse om geestesgesondheidsorg te versterk. Whittaker…
12 Oct 11AM 1 min

Renosterkalfie het melk nodig; Rhino Momma vra publiek om te help

Die Rhino Momma-projek het 'n dringende beroep op die publiek gedoen vir skenkings van langlewe-, vetvrye melk om 'n pasgeredde renosterkalf te voed wie se ma nie gevind kon word nie. Paige Miller het bevestig dat die kalf tans 12 tot 20 liter melk daagliks drink terwyl die span wag…
12 Oct 11AM 1 min