China ondersteun ‌VSA en Iran se besluit om oorlog te beëindig

Loading player...
Internasionaal en Chinese president Xi Jinping het tydens sy ontmoeting met Amerikaanse president Donald Trump gesê ‌China ondersteun ‌dat die VSA en Iran terugkeer na die Junie-memorandum van verstandhouding, om die oorlog te beëindig en die Straat van Hormuz te heropen. Hy het ook gesê Beijing hoop die Verenigde State hou by ‌die “korrekte” posisie om Taiwan se onafhanklikheid teen te staan. Inligting oor die ontmoeting is skraps want die media was nie in die Withuis toegelaat nie. James Matthew, Sky se Washington-korrespondent, lewer kommentaar oor die prag en praal waarme Xi deur Trump ontvang is.
24 Sep 11PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Adjunk-nasionale polisiekommissaris in SA kry trekpas

Die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is met onmiddelike ingang uit die polisie ontslaan. Hy is voor 'n tugkomitee gedaag oor ernstige bewerings van korrupsie, magsmisbruik en bande met die misdaadwêreld. Hy staan ook tereg op aanklagte van verkragting, mensehandel en die seksuele gereedmaking van 'n minderjarige. Die waarnemende nasionale…
12 Oct 11AM 1 min

Geestesgesondheid in Namibië benodig meer as nuwe fasiliteite, psigiaters

Die kliniese sielkundige, doktor Shaun Whittaker, sê Namibië se geestesgesondheidskrisis vereis meer as net nuwe fasiliteite en psigiaters. Hy voer aan dat werkloosheid, armoede en sosiale onreg die wortel van die probleem is. Sy uitlatings volg op die gesondheidsministerie se aankondiging van ses nasionale verbintenisse om geestesgesondheidsorg te versterk. Whittaker…
12 Oct 11AM 1 min

Renosterkalfie het melk nodig; Rhino Momma vra publiek om te help

Die Rhino Momma-projek het 'n dringende beroep op die publiek gedoen vir skenkings van langlewe-, vetvrye melk om 'n pasgeredde renosterkalf te voed wie se ma nie gevind kon word nie. Paige Miller het bevestig dat die kalf tans 12 tot 20 liter melk daagliks drink terwyl die span wag…
12 Oct 11AM 1 min