IPC vra regering om Dordabis-plaasuitsetting stop te sit
Loading player...
10:00 – Laai nuus
Die IPC-skaduminister van grondhervorming, Michael Mulunga, doen 'n beroep op die regering om die uitsetting van 40 grondlose gesinne en 500 stuks vee van Plaas Christerine naby Dordabis te staak. Die gesinne het die plaas beset na jare se afgekeurde hervestigings-aansoeke, maar het op 10 September 'n 30 dae-uitsettingskennisgewing gekry. Mulunga wil hê die lynministerie moet hul besetting stopsit of alternatiewe grond verskaf. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat: