
Savanna Beef: BKS-inperkings bring produksie en uitvoere tot stilstand
Loading player...
Die uitvoerende hoof van Savanna Beef, Ian Collard, sê die beperkings op die beweging van vee weens bek-en-klouseer het beesvleisproduksie en -uitvoere tot 'n totale stilstand gebring. Hy vergelyk die impak met die Covid-19-pandemie. Met die beweging van alle diere met gesplete hoewe wat stopgesit is, bevestig Collard dat Savanna Beef verwerking gestaak het. Hy spoor boere aan om streng biosekuriteit op plase af te dwing.

